
Hoekom is Inligtingskommissaris nog nie aangestel, vra IPC
Loading player...
Die IPC doen 'n beroep op die regering om die aanstellingsproses vir 'n Inligtingskommissaris te bespoedig om te verseker dat die Wet op Toegang tot Inligting, wat in 2022 aangeneem is, in werking tree. Die IPC-parlementslid John-Louw Mouton het vanmiddag in die Nasionale Vergadering gevra vir 'n opdatering oor die proses en beklemtoon dat die wet belangrik is om verantwoordbaarheid en deursigtigheid in die regering te verseker.

