
Gholf: SA se Van Niekerk, Mack gee pas aan by Sunbet Challenge
Loading player...
Die Suid-Afrikaners Danie van Niekerk en James Mack het die pas aangegee met rondes van vier onder baansyfer 67, en loop gesamentlik voor na die eerste ronde van die Sunbet Challenge by die Umhlali-buiteklub in KwaZulu-Natal. Hulle is een hou voor hul landgenoot, Lyle Rowe, en Eric Wowor van Indonesië. Van Niekerk, wat probeer om sy eerste sege op die Sonskyn-toer te behaal, sê hy het homself in ʼn sterk posisie geplaas om die toernooi van 54 putjies te wen:

