
Digitale bankbedrog meer as verdubbel in SA
Loading player...
FNB sê die gevaar van digitale bankbedrog neem toe terwyl Suid-Afrikaners die laaste deel van die jaar aanpak en besteding toeneem. Volgens die Suid-Afrikaanse Bankbedrog-inligtingsentrum het voorvalle van digitale bankbedrog toegeneem van 31 000 in 2023 tot 64 000 verlede jaar. Chris Boxall van FNB sê swendelaars word al meer gesofistikeerd in die manier waarop hulle sosiale manipulasie uitvoer. Hy sê dit verwys na die doelbewuste sielkundige manipulasie waarin slagoffers oorreed word om sekere bedrywighede uit te voer of vertroulike inligting te verklap:

