
Namibiese 'rump steak' laat Duitsland se mond water
Loading player...
Na twee en 'n half jaar se voorbereidingswerk brei premium Namibiese beesvleis se beskikbaarheid in Duitsland uit. Vanaf Saterdag sal Namibiese kruisskyf, of “rump steak”, as 'n maandelikse spesiale aanbieding by alle Block House-steakrestaurante, 'n prominente ketting met 42 restaurante regoor Duitsland, aangebied word. Namibiese beesvleis is gesog in Europa omdat diere vrylopend in die veld wei, en van uitstekende gehalte is. Catherine Shipushu, die woordvoerder van die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad, wat die transaksie help beklink het, het meer.

