
Bohaai oor mans wat vroue se vanne vat 'is kultureel'
Loading player...
Geslagsgelykheidspraktisyn Ngamane Karuaihe-Upi sê die bohaai oor mans wat hul vrouens se vanne neem ontbloot dieper kulturele vrese. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus verduidelik hy dat 'n vrou tradisioneel haar nooiensvan verloor wanneer sy trou en simbolies die man se eiendom word, wat die manlike gesag versterk. Sy kommentaar kom terwyl die Mansraad van Suid-Afrika die Konstitusionele Hof se uitspraak wat dit goedkeur teenstaan, en beweer dat dit kulturele erfenis en tradisionele waardes bedreig. Karuaihe-Upi verduidelik.

