
Namibië sal sakevriendelik bly, beloof NNN
Loading player...
Die regering sal aanhou om die doen van sake in Namibië voortdurend te vergemaklik, het president Netumbu Nandi-Ndaitwah Donderdag tydens die bekendstelling van Afrika se eerste geïntegreerde groenwaterstof-aanleg aan die kus onderneem. In haar toespraak, wat deur eerste minister Elijah Ngurare gelewer is, het die president Cleanergy Solutions Namibia se Hydrogen Dune Project beskryf as ‘n beslissende mylpaal in die land se reis na ‘n volhoubare en vooruitstrewende toekoms.

