
Okahandja-besighede op hol oor skielike duur krag
Loading player...
Besighede in Okahandja is in rep en roer oor wat hulle beweer steil, onverklaarbare elektrisiteitstariefverhogings deur die Sentrale Noord Streekselektrisiteitsverspreider, Cenored, is. Sommige sê hul rekeninge het met meer as 25% gestyg, sonder enige vooraf kennisgewing. Kosmos 94.1 Nuus het met Charl Coetzee van die Okahandja-tariefbetalersvereniging, Orpa, en lid van die stadsraad gepraat, wat sê die skielike verhogings plaas ernstige druk op plaaslike besighede.

