Kommissie hoor van sakeman se kennis van polisiesake

Loading player...
Die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, het aan die Madlanga-kommissie gesê sakeman Brown Mogotsi se kennis oor die minister van Polisie, Senzo Mchunu se bewegings, wys dat hulle noue bande het. Mkhwanazi sê Mogotsi het geweet wanneer Mchunu belangrike vergaderings bygewoon het, insluitende vergaderings by die presidensie. Hy voeg by dat hierdie vlak van kennis kan slegs kom van iemand met toegang tot die binnekringe, wat die vermoede versterk dat Mogotsi aan senior staatsamptere verbind was:
19 Sep 2025 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Zuma sê WVK-voorsitter koester wrok

Die voormalige president, Jacob Zuma sê die voorsitter van die Waarheids- en Versoeningskommissie, regter Sisi Khampepe, het 'n persoonlike wrok teen hom oor sy tronkstraf van 2021. Zuma het saam met die voormalige president, Thabo Mbeki, 'n aansoek ingedien vir Khampepe se onttrekking as voorsitter van die ondersoek na vertragings…
17 Jan 12AM 1 min

Copps 94.1: Drank-, dwelmduiwel listig op Rehoboth

Die polisie op Rehoboth het ‘n bedrywige Vrydagaand agter die rug met veral drank- en dwelmverwante voorvalle wat hulle laat bontstaan het. Francois Lottering was oudergewoonte deel van die Copps 94.1-span op dié dorp en doen verslag:
16 Jan 11PM 1 min

PDM het kommer oor afgeskepe Graad 11s

Reaksie word steeds ontvang oor die onlangse eksamen uitslae. Sommige waarnemers meen daar is positiewe groei in vergelyking met vorige jare. Kwessies oor die nuwe gratis tersiêre onderwysstelsel doen egter steeds die rondtes en politieke partye laat van hulle hoor. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die PDM,…
16 Jan 10AM 1 min

Vloede-dodetal in Limpopo styg tot 11

Die dodetal weens die oorstromings in Limpopo het tot elf gestyg met swaar reën wat steeds dele van die provinsie raak. Die sterftes dateer terug tot verlede maand. Soek- en reddingsoperasies duur voort in gebiede wat die ergste getref is. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n rooi vlak tien-waarskuwing uitgereik. Premier…
16 Jan 10AM 1 min