
Batohi waarsku oor uitspraak rakende Madlanga-getuienis
Loading player...
Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Shamila Batohi, het Suid-Afrikaners versoek om uitspraak voor te behou oor getuienis voor die Madlanga-kommissie. In die eerste drie dae van die ondersoek het die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, getuig dat sakemanne die regstelsel geïnfiltreer het met die steun van top-polisiebeamptes. Batohi sê dit bly bewerings en sy het 'n beroep op geduld gedoen terwyl die Kommissie vandag sy werk voortsit:

