
GRN-toelae dek nie basiese onkostes nie
Loading player...
Nog reaksie word ontvang op die toenemende druk op die regering om die maandelikse kinderonderhoudstoelaag van 350 Namibiese dollar te hersien, wat sedert 2003 nie verhoog is nie. Gemeenskapsaktivis Rosa Namises het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die toelae, wat bedoel is om kinders van lae-inkomste ouers, weeskinders en diegene met ouers in die tronk te ondersteun, nie meer genoeg is om selfs basiese behoeftes in vandag se ekonomiese klimaat te dek nie.

