
Veearts gesels oor onverklaarbare vrektes onder wild
Loading player...
Onverklaarbare vrektes van wilde diere wek kommer, met kenners wat waarsku dat miltsiekte moontlik die oorsaak is. Boere word daaraan herinner dat jaarlikse inentings teen hoërisiko-siektes soos miltsiekte, brusellose, hondsdolheid en lam siekte nie net aanbeveel word nie, maar noodsaaklik is. Met stygende hondsdolheid gevalle en toestande wat ryp is vir uitbrekings soos Slenkdalkoors, het dr. Theuns Laubscher van die Windhoek Veeartsenykliniek aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat boere waaksaam moet bly.

