
Regter Chinhengo se afsterwe betreur
Loading player...
Die Regterlike Dienskommissie betreur die afsterwe van regter Moses Chinhengo, wat Vrydag in 'n hospitaal in Zimbabwe op 71 oorlede is. Chinhengo het die Fishrot-korrupsieverhoor gelei. Sy ampstermyn in die saak is gekenmerk deur herhaalde regsuitdagings van die beskuldigdes, wat sy aanstelling bevraagteken het en sy onttrekking versoek het. Regter Chinhengo het uiteindelik in Julie vanjaar uit die verhoor getree en persoonlike redes aangevoer. Die Regbank het Chinhengo beskryf as 'n vooraanstaande juris wie se regsloopbaan gekenmerk is deur 'n beginselvaste toewyding aan geregtigheid. Woordvoerder Victoria Hango het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

