
Kenner sê dis meer skadelik om nie parasetamol te gebruik nie
Loading player...
Die Trump-administrasie sal na verwagting 'n verband trek tussen die gebruik van parasetamol, wat in Amerika verkoop word onder die handelsnaam Tylenol, tydens swangerskap en outisme. Studies oor die onderwerp, insluitend een is Swede wat 2,5 miljoen kinders betrek het, het egter nie so 'n verband gevind nie. Dr. Monique Botha van die Durham Universiteit in Brittanje het aan SkyNews verduidelik dat dit in werklikheid meer skade doen as verwagtende moeders nie parasetamol teen pyn gebruik nie.

