
Sankwasa kyk na verordeninge rakende informele handelaars
Loading player...
Die ministerie van stedelike ontwikkeling is besig om munisipale verordeninge te hersien om te verseker dat informele handelaars in Windhoek en ander dorpe wettig erken en beskerm word. Die lynminister, James Sankwasa, sê die besluit kom in reaksie op voortdurende spanning tussen straatverkopers en wetstoepassing. Die handelaars dra meer as 30 persent tot die ekonomie by. Stefanus Matheus, sekretaris-generaal van die Namibiese Informele Sektororganisasie, het die inisiatief verwelkom en sê die informele sektor speel 'n belangrike rol in werkskepping en ekonomiese bydrae.

