
Boorgatregistrasies: Schlettwein beklemtoon nakoming vir bronbeskerming
Loading player...
Grondeienaars word herinner aan die finale sperdatum van 31 Oktober vir die registrasie van boorgate en damme, kragtens die Wet op Waterhulpbronbestuur. Die Wet, wat op 29 Augustus 2023 in werking getree het, het aanvanklik 'n oorgangstydperk van 18 maande toegelaat wat in Februarie 2025 geëindig het. Dit is met 'n verdere agt maande verleng om meer tyd vir voldoening toe te laat. Voormalige landbouminister Calle Schlettwein het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat registrasie noodsaaklik is om volhoubare watergebruik en effektiewe nasionale hulpbronbeplanning te verseker.

