
LPM verifieer nog kandidate, registrasie open Vrydag
Loading player...
Kandidaatregistrasie vir die komende streek- en plaaslike owerheidsverkiesings open Vrydag amptelik. Politieke partye het tot 16 Oktober om hul kandidate te registreer, terwyl onafhanklike kandidate hul name teen 14 Oktober moet indien. Kosmos 94.1 Nuus het met die LPM gepraat, wat sê dat hulle steeds besig is om hul kandidate te verifieer voordat hulle 'n formele aankondiging maak oor wie die party in die verkiesings sal verteenwoordig. LPM-woordvoerder Lifazala Simataa.

