
Amupanda open debat oor Strafhof-onttrekking
Loading player...
Die AR-leier Job Amupanda het Dinsdag in die parlement kennis gegee dat hy vandag 'n mosie ter tafel sal lê dat Namibië van die Internasionale Strafhof onttrek. Dit volg kort op die hakke van Burkina Faso, Mali en Niger wat Maandag aangekondig het dat hulle van die hof onttrek, en dit 'n instrument van neo-kolonialistiese onderdrukking genoem het. Amupanda voer aan dat Afrika nog altyd as 'n pion in globale politiek gebruik is.

