
Besluit oor in situ-uraanloging voor einde 2025 verwag
Loading player...
Die landbouministerie het meer inligting verskaf oor presies hoe ver hy is met sy oorsig van die tegniese verslag rakende in situ-loging van uraan by Leonardville. Die projek staar sterk teenkanting van plaaslike boere in die gesig met kommer oor potensiële bedreigings vir die gebied se akwifer. Die ministerie se uitvoerende direkteur, Teofilus Nghitila, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat 'n besluit voor die einde van die jaar verwag word.

