
Oppas vir blink voorspellings oor ekonomie, sê ekonoom
Loading player...
TransUnion se jongste Consumer Pulse-studie toon 'n vlaag van optimisme oor die ekonomie onder Namibiërs, met 71 persent wat sê dat hulle hoopvol voel oor die jaar wat voorlê, en 78 persent wat 'n inkomsteverhoging verwag. Ekonoom Gabriel Erastus, wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het, dring egter aan dat 'n trompetgeskal oor die ekonomie met 'n knippie sout gevat moet word. Hy sê die ekonomie bly skerp verdeeld tussen die formele en informele sektore. Erastus verduidelik.

