
NNN 'moet skade aan volksmoord-groepe by VN uitlig'
Loading player...
Die politieke ontleder Henning Melber sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah moet die geleentheid by die 80ste VN Algemene Vergadering aangryp om druk uit te oefen vir herstelbetalings oor die Ovaherero-Nama-volksmoord. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die raamwerk van die saak binne die breër Globale Suide se eise vir geregtigheid oor slawerny en kolonialisme die land se posisie kan versterk. Melber het bygevoeg dat betekenisvolle vordering sal afhang van die insluiting van die stemme van die betrokke inheemse gemeenskappe.

