
UDM veroordeel seksuele misbruik deur onderwysers
Loading player...
Die UDM sê hy is woedend en hartgebroke oor onlangse berigte van seksuele misbruik, teistering en wangedrag waarby onderwysers regoor die land betrokke is. Die waarnemende sekretaris-generaal, Zandile Phiri, sê daar het verlede maand sake in Gauteng, die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die Vrystaat voorgekom wat 'n diep en sistemiese krisis in die onderwystelsel aandui. Sy sê skole moet 'n toevlugsoord vir onderrig wees, nie plekke van trauma nie:

