
Ekonoom reageer op power vertoning van Namibië in mededingingslys
Loading player...
Namibië se globale mededingendheid het 'n ernstige knou gekry en is 68ste uit 69 lande in die 2025 Wêreldmededingendheidsjaarboek van die Internasionale Instituut vir Bestuursontwikkeling. Namibië het ook 67ste geëindig in ekonomiese prestasie. Internasionale handel en belegging was ook swak en het onderskeidelik 58ste en 62ste plek behaal. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Robert McGregor gepraat. Hy sê dit lig diepgewortelde probleme uit.

