
Cran verwelkom hofuitspraak oor gedeelde infrastruktuur
Loading player...
Die hoërhof het ten gunste van die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, beslis in 'n saak wat verband hou met 'n dekade-oue veselhuurooreenkoms tussen MTC, Telecom Namibia en NamPower. Die kern van die dispuut was 'n omstrede klousule wat MTC en Telecom eksklusiewe, outomatiese toegang tot NamPower se donkerveselnetwerk gegee het. Cran het aangevoer dat die klousule infrastruktuurdelingsregulasies oortree het wat ontwerp is om oopheid te bevorder en markoorheersing te voorkom. Die hof het saamgestem, die klousule ongeldig verklaar en bevestig dat die ooreenkoms in Mei 2022 geëindig het. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano het meer.

