
Buffelsterftes in stormloop was natuurlik, sê omgewingminister
Loading player...
Die omgewingminister, Indileni Daniel, het in die Nasionale Vergadering bevestig dat 90 buffels Dinsdag in 'n stormloop langs die Chobe-rivier dood is. Die voorval, wat deur 'n leeujaagtog veroorsaak is, is die derde van sy soort in die afgelope vyf jaar by dieselfde steil rivieroewer. Die voorval het ook internasionaal aandag getrek.Met 'n geraamde 11 900 buffels in Namibië se noordooste, noem die minister dit 'n natuurlike gebeurtenis.

