
Miskrame en aborsies: Die syfers weerspieël 'n dieper krisis
Loading player...
Reproduktiewe gesondheid in Namibië is opnuut onder die loep, na byna 2 900 miskrame in 2024 aangemeld is. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die menseregtekonsultant en veranderingsproses-fasiliteerder Ethne Mudge gesê die syfers weerspieël 'n dieper krisis, aangevuur deur beperkende aborsiewette, beperkte toegang tot voorbehoeding en 'n gebrek aan omvattende gesondheidsorg.

