
Balhao verskuif sy fokus van politiek na die gemeenskap
Loading player...
Nadat hy as beide burgemeester van Lüderitz en lid van die IPC bedank het, het Phil Balhao sy fokus verskuif na gemeenskapsbetrokkenheid op grondvlak. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Balhao verduidelik dat sy bedanking uit die party voortspruit uit 'n gebrek aan erkenning vir sy pogings. Hy is nou besig om die Lüderitz-belastingbetalersvereniging te stig en vertel hoe die proses verloop.

