
Marc Marquez vat 7de MotoGP-kampioenskap
Loading player...
Die Spaanse Ducati-renjaer Marc Márquez het sy sewende MotoGP-wêreldkampioenskap by die Japannese Grand Prix verseker, sy eerste sedert 2019. Die 32-jarige het in Motegi tweede agter sy spanmaat, Francesco Bagnaia, geëindig om die titel te beklink. Honda se Joan Mir was in die derde plek. Brad Binder van Suid-Afrika was 12de. Márquez, wat 11 oorwinnings hierdie seisoen behaal het en sy kampioenskapsvoorsprong tot 201 punte bo sy broer Álex gerek het, sê geestelik was dit die moeilikste titel om te behaal:

