
Etosha-brand sal die week geblus word - GRN
Loading player...
Die regering is vasbeslote om veldbrande in die Etosha Nasionale Park teen die einde van hierdie week heeltemal te blus. Meer as ‘n derde van Etosha is reeds verwoes en nóg 171 098 hektaar in kommunale areas buite die park. Meer as 300 NDF-troepe is teen Sondag in die park ontplooi, asook twee helikopters om brandbestrydingspanne te help. Bosboudirekteur Johnson Ndokosho het tydens 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus die dringendheid van die situasie beklemtoon.

