
ECN-amptenare ongedeurd na ongeluk, terug aan diens
Loading player...
Al sewe amptenare van die Verkiesingskommissie wat Sondag in 'n motorongeluk naby Ongolo beseer is, is ontslaan en is vanoggend weer aan diens. Die span was op pad om toesig te hou oor vandag se tussenverkiesing in die Outapi-kiesafdeling, waar kiesers na die stembusse op pad is om te kies tussen Swapo se Selma Asino en IPC se Fillemon Shikwambi. Woordvoerder De Wet Siluka het 'n opdatering aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.

