
Wise verduidelik visserman kommentaar
Loading player...
Die arbeidsminister, Wise Immanuel, verwerp onlangse mediaberigte wat beweer dat hy die salarisse van die Okapare-vissermanne in Walvisbaai wil stop. Hy het verduidelik dat hy bloot kommer uitgespreek het oor moontlike salarisbedrog en sy eweknie in visserye versoek het om ondersoek in te stel. In 'n kabinetskomitee-inligtingsessie sê die ministerie bly verbind tot die handhawing van Namibië se arbeidswette.

