Groei sal (steeds) op mynbou staatmaak

Loading player...
Namibië se ekonomie het met 1,6 persent in die tweede kwartaal gegroei, wat die 17de agtereenvolgende kwartaal van reële BBP-groei sedert vroeg in 2021 is, maar teen die stadigste tempo tot nog toe. Groei is gedryf deur dienste en 'n styging van 50 persent in mynbouwaarde, danksy hoë uraan- en goudpryse, hoewel reële mynbouproduksie met slegs 3 persent gestyg het. Vervaardiging het gesukkel, met diamantsny en -polering wat met 60 persent ineengestort het, terwyl landbou gemeng met vee afgeneem het, maar gewasboerdery met byna 50 persent gestyg het. Die hoof van data en analise by Cirrus, Tannan Groenewald, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
29 Sep 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Goeie reënval in komende dae verwag

Seker die beste Kersgeskenk wat 'n droë land soos Namibië kan kry, is voorspellings dat die reënweer gaan voortduur. Te midde van gerugte dat 'n droë El Nino vinnig op pad is, sê die plaaslike weerkenner George van der Merwe daar is tans niks om oor bekommerd te wees nie…
25 Dec 4AM 1 min

Gebruik myninkomste vir sosiale dienste: Saftu

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde het die wydverspreide en onwettige delwery van minerale in en om gemeenskappe in Noordwes veroordeel. Minstens 21 mense is in hegtenis geneem sedert optrede teen onwettige mynbou in Bapong begin het. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, het die vakbond se eis vir die nasionalisering van…
25 Dec 4AM 1 min

Rusland 'kan vasgekeerde SA mans repatrieer, maar wil nie'

Die verdedigingsontleder, Ricardo Teixeira, sê Rusland kan maklik die 17 Suid-Afrikaners wat in die Oekraïense oorlogsone gestrand is, repatrieer, maar verkies om dit nie te doen nie. Volgens News24 hou vertragings verband met finansiële eise deur militêre kontrakteurs wat na bewering terugbetalings van die MK-party eis. In 'n onderhoud met…
25 Dec 2AM 1 min

Onthou ware boodskap van Kersfees, vra pastoor

Kersfees is uiteindelik hier en te midde van vieringe met familie en vriende, moet almal die ware boodskap van Kersfees, die geboorte van Jesus Christus, in gedagte hou. Plaaslike pastoor Brian Philander deel 'n boodskap van hoop en liefde. Hy lees uit die woord.
24 Dec 10PM 1 min