
Boewe breek deur dak in by Katima-dorpsraad
Loading player...
Die polisie ondersoek 'n inbraak by die Katima Mulilo-stadsraadkantore, wat vanoggend ontdek is toe personeel vir werk opgedaag het. Die voorval het glo Sondag plaasgevind. Die uitvoerende hoof van die stadsraad, Raphael Liswaniso, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat niks tot dusver gesteel blyk te wees nie en dat geen verdagtes geïdentifiseer is nie.

