
Ooreenkoms met VSA binne bereik maar geen wil nie - Solidariteit
Loading player...
Die Solidariteit Beweging sê ʼn handelsooreenkoms met Amerika is binne bereik, maar die Suid-Afrikaanse regering het nie die politieke wil om dit te doen nie. Die beweging is die oorhoofse liggaam vir Afrikaanse belangegroepe soos AfriForum en Solidariteit, en het die naweek ʼn opvolgbesoek aan die Withuis gebring om bykomende inligting oor sy voorgestelde handelsraamwerk te verskaf. Jaco Kleynhans van Solidariteit sê die raamwerk sluit politieke en handelskomponente in wat nodig is vir ʼn positiewe ooreenkoms:

