
JD Vance blameer Demokrate vir dooiepunt oor befondsing
Loading player...
Amerika se visepresident JD Vance glo die federale regering sal sluit indien die dooiepunt oor fondse voortduur. ʼn Laaste wanhopige vergadering gister tussen president Donald Trump en Demokratiese leiers in die Kongres het min vordering gemaak. Die Demokrate weier om die Republikeinse Party se wetgewing oor voortgesette befondsing ná vandag te steun, tensy dit verskeie gesondheidsbepalings insluit. Vance blameer die Demokrate wat aandring om oor gesondheidsorg-befondsing te onderhandel om die regering oop te hou:

