
Duitse RWE onttrek uit Hyphen-aankoop ooreenkoms, nie oor NTLA nie
Loading player...
Die Duitse kragverskaffer, RWE, het hom aan die Hyphen-groen ammoniakprojek onttrek. Die maatskappy het in 2022 'n voorlopige nie-bindende ooreenkoms met Hyphen onderteken om vanaf 2027 sowat 300 000 ton ammoniak per jaar aan te koop. Die maatskappy sê egter nou dat daar 'n stadiger as verwagte vraag in Europa na waterstof en waterstofderivate soos ammoniak is. Hyphen-woordvoerder Ricardo Goagoseb het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat RWE se besluit nie verband hou met kritiek van inheemse regtegroepe soos die Nama Tradisionele Leiersvereniging nie.

