
Openbare konsultasies oor verkrygingswet kom na hoofstad
Loading player...
Openbare konsultasies oor die hersiening van die Wet op Openbare Verkryging is steeds aan die gang. Tussen môre en Donderdag sal die konsultasies in Windhoek by onderskeidelik die Namibiese Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur, Nipam, en die Windhoek Buiteklub Oord plaasvind. Die konsultasies is onder andere daarop gemik om openbare verontwaardiging oor kwessies soos medisyne tekorte en verslegtende padtoestande aan te spreek. Phineas Nsudano, die adjunkdirekteur in die eenheid vir openbare verkryging van die finansministerie, verduidelik.

