
NamPost en pensioen: So werk dit vanaf 9 Oktober
Loading player...
NamPost het die aanvang van maatskaplike kontanttoelaagbetalings aangekondig wat hierdie maand begin. 'n Loodsuitbetaling sal op 9 Oktober by die Okahandja- en Omitara-poskantore plaasvind, met mobiele uitbetalings by Groot Aub en Otjimbingwe. Dit sal die gereedheid bepaal voor die volle landwye bekendstelling op Maandag, 13 Oktober. Begunstigdes word versoek om die gestruktureerde skedule te volg, en gemiste betalings kan tussen 23 en 29 Oktober ingevorder word. Nampost-woordvoerder Joseph Teofelus het meer.

