
Goeie vordering sedert eerste jagluiperds na Indië gestuur is
Loading player...
In 'n mylpaal vir Indië se jagluiperd-herinvoeringsprojek was daar 26 jagluiperdgeboortes oor sewe werpsels in net drie jaar. Dit is volgens dr. Laurie Marker, uitvoerende direkteur van die Cheetah Conservation Fund. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het sy die vordering gevier sedert Namibië die eerste agt jagluiperds na Indië gestuur het en dit fundamentele werk genoem om die spesie terug te bring dit 70 jaar gelede in Indië uitgesterf het. Met meer jagluiperds wat teen Desember uit Botswana en moontlik weer Namibië verwag word, brei Indië se herbevolkingspoging uit, wat nou 'n tweede reservaat buite Kuno Nasionale Park insluit.

