Onwettige kontantvloei kan gryslys-verwydering belemmer

Loading player...
Namibië het goeie vordering gemaak in sy pogings om van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys gehaal te word, met 13 geïdentifiseerde strategiese tekortkominge wat reggestel is. Die taakmag sal by sy vergadering op 24 Oktober besluit of daar nog werk nodig is of nie, maar onder andere die stadige inhandiging van entiteite se voordelige eienaarskap-verklarings wek kommer. Die Finansiële Intelligensie-sentrum se direkteur, Bryan Eiseb, het by 'n ope dialoog met die publiek en burgerlike organisasies ook die omvang van onwettige kontantvloei uitgelig.
11 Oct 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump dreig Venezuela se Maduro

Amerikaanse president Donald Trump sê die beste stap vir Venezuela se president Nicolás Maduro is om uit te tree. Spanning tussen die twee lande is aan die toeneem, te midde van 'n massiewe Amerikaanse vlootopbou in die Karibiese See. Trump plaas druk op Maduro, onder meer met pogings om sy…
23 Dec 10PM 1 min

Trump kondig nuwe oorlogskepe-plan aan

President Donald Trump van Amerika het aangekondig dat hy ʼn plan goedgekeur het wat die Amerikaanse vloot toelaat om twee nuwe oorlogskepe te bou. Die Trump Class USS Defiant-skepe sal deel vorm van ʼn opgeknapte "Goue Vloot" as teenvoeter vir China en ander teenstanders. Trump sê sodra dit voltooi is,…
23 Dec 4AM 1 min

Nog verdagtes ondervra oor DJ Warras-moord

Die polisie in Johannesburg het twee verdagte persone ondervra na die sluipmoord op die mediapersoonlikheid Warrick “DJ Warras” Stock verlede week in die middestad. Stock, 'n direkteur by Imperium Security, is buite die Zambezi-gebou doodgeskiet. Die polisie se woordvoerder, Athlenda Mathe sê die twee is vroeg vanoggend by 'n hostel…
23 Dec 3AM 1 min

Rehoboth-gemeenskap vra geen borg vir dwelm-aangeklaagdes

Lede van die Rehoboth-gemeenskap het Maandag by die landdroshof op die dorp betoog voordat twee vermeende dwelmhandelaars in die hof verskyn het. Die lede het ook 'n petisie by die polisie en die landdroshof ingedien dat borgtog vir alle verdagtes in dwelmverwante sake geweier word. Dit volg op die inhegtenisame…
23 Dec 2AM 1 min

Regte ingesteldheid kan padongelukke verhoed

Terwyl Namibiërs die paaie vir die feestyd aandurf, word motoriste aangespoor om algemene foute te vermy wat dikwels tot ernstige ongelukke lei. Aubrey Oosthuizen van Code Red Medical Services in Swakopmund en koördineerder van die Weskus-Veiligheidsinisiatief, het belangrike padveiligheidsadvies met Kosmos 94.1 Nuus gedeel om 'n veiliger feestyd te verseker.
23 Dec 1AM 1 min