
Sewe SAPD lede gearresteer vir afpersing, ontvoering
Loading player...
Sewe lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is gearresteer weens beweerde afpersing en die ontvoering van ʼn vermeende onwettige mynwerker in Johannesburg. Die beamptes wat verbonde is aan die Wesrandse eenheid vir openbare orde-polisiëring het na bewering geld geëis by ʼn onwettige mynwerker wat in besit betrap is van goudverwerkingsmateriaal. Stad Johannesburg se burgemeesterskomiteelid vir Openbare Veiligheid, Mgcini Tshwaku, sê die beamptes het tussen en 5 000 en 30 000 Suid-Afrikaanse rand van die verdagte geëis:

