
Tweede rondte konsultasies oor Venus-olieveld se ontwikkeling op hande
Loading player...
SLR Environmental Consulting het sy konsep-omgewings- en sosiale impakstudie en omgewingsbestuursplan vir die voorgestelde projekontwikkeling van die Venus-olieveld in Blok 2913B in PEL 56 langs die Namibiese suidkus voltooi. Belanghebbendes en geaffekteerde partye word genooi om die verslae te lees en openbare konsultasies oor die projek by te woon. Namcor-woordvoerder Paulo Coelho sê die tweede been van die konsultasies begin op 3 November.

