
Herlewing van Air Namibia beteken nie ondoeltreffendheid sal herhaal word nie
Loading player...
Air Namibia is in 2021 gelikwideer met ‘n skuldlas van amper 900 miljoen Namibiese dollar, en die regering beoog om weer 'n nasionale lugredery te begin. 'n Voormalige Air Namibia vlieënier, Vijay Jha, is van mening dit beteken nie die ondoeltreffendhede van die verlede sal herhaal word nie. 'n Openbare-private vennootskap word voorgestel: 'n skraal, kommersieel gedrewe struktuur wat beskerm word teen politieke inmenging, maar in lyn is met nasionale prioriteite. Kosmos 94.1 Nuus het met Jha gepraat.

