GRN se inkomste-invordering laagste in 10 jaar

Loading player...
Ten spyte daarvan dat die mediumtermynbegroting 'n beeld van stabiliteit voorhou met bestendige inkomstevoorspellings en regeringsbesteding wat binne begrotingsperke bly, is daar ook onsekerheid. Dit is volgens Kara van den Heever, 'n beleggingsontleder by Momentum Investments. Van den Heever het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat bruto binnelandse produk-groei verlaag is, en dat inkomste-invordering nou op die laagste vlak in 'n dekade is.
24 Oct 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Krieket: Australië nie in sak en as nie

Engeland se kaptein, Ben Stokes, het sy span geloof, al het hulle die reeks om die As teen Australië verloor. Hy sê hulle mededingende gees bly egter ongeskonde. Australië het ʼn 3-0-voorsprong nadat hulle in Adelaide ʼn skitterende oorwinning van 82 lopies in die derde toets behaal het. Engeland gaan…
22 Dec 2AM 1 min

Swaar neerslae verwag; pasop vir kitsvloede!

Swaar neerslae word vandag in Omusati, Oshana, Kavango-Oos, Otjozondjupa en Khomas verwag en inwoners is teen die moontlikheid van kistvloede gewaarsku. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het die buurland ook gemaan teen bogemiddelde reënval en storms in die komende dae. 'n Vlak 2-waarskuwing is uitgereik vir hewige donderstorms oor die sentrale binneland,…
22 Dec 1AM 1 min

Sokker: Bafana-kaptein vol moed vir Afcon-stryd

Suid-Afrika en Angola ontmoet mekaar in 'n Suider-Afrikaanse derby in hulle eerste Groep B-wedstryd van die 2025 Afrika-Nasiebeker vanmiddag om 17:00 in Marokko. Dit is hul vyfde Afcon-ontmoeting in die groepfase. Bafana Bafana het twee keer gewen en twee keer gelykop gespeel, maar Angola is onoorwonne in die laaste ses…
22 Dec 1AM 1 min

Gholf: SA se Schaper wen Mauritius Ope

Jayden Schaper van Suid-Afrika het die Amerikaner Ryan Gerard in 'n uitspeelwedstryd geklop om die Mauritius Ope te wen. Albei spelers het baansyfer op die eerste uitspeelputjie behaal, maar Schaper het 'n verstommende arend op die tweede uitspeelputjie geslaan om sy tweede DP World-toertitel te verower. Casey Jarvis van Suid-Afrika…
21 Dec 11PM 1 min

Artikel 22-komitee stook godsdiensvure in SA

Die voorsitter van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalgemeenskappe, Thoko Mkhwanazi-Xaluva, sê die liggaam sal voortgaan om die Artikel 22 ad hoc-komitee te ondersteun en verwerp bewerings dat bestaande wette voldoende is. Die komitee, met die opdrag om godsdienstige en kulturele…
21 Dec 3AM 1 min