Ten Slotte deur Eben Etzebeth

Loading player...
In hierdie episode van Pagecast gesels Bouwer Bosch met Springbok rugbyspeler Eben Etzebeth oor sy outobiografie, Ten Slotte. 

Eben Etzebeth is die speler wat al die meeste toetswedstryde in
Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis gespeel het. Op die veld word
hierdie slot se intelligensie, energie en aggressie gerespekteer en
bewonder.

Hy is lid van die senior Springbok-leierskapspan, en speel ’n groot rol
in ’n ongelooflik suksesvolle era wat twee agtereenvolgende
Wêreldbekers en die groep se huidige posisie van twee jaar boaan
die wêreldranglys insluit.

In hierdie eerlike en onderhoudende vertelling beskryf Eben van die
vernaamste faktore van sy sukses, en hoe hy gefokus bly – op en van
die veld af. Van sy nederige kinderjare in Goodwood – ’n voorstad
van Kaapstad waar niks maklik kom nie – regdeur sy vroeë
klubloopbaan, tot by sy swaar verdiende plek in die Suid-Afrikaanse
nasionale span, vertel Ten Slotte die persoonlike kant van sy
loopbaan, en wat dit geverg het om ’n wêreldkampioen te word.
27 Oct 2025 English South Africa Books · Society & Culture

Other recent episodes

Op die spoor van die Stasiemoordenaar deur Julian Jansen (met Heindrich Wyngaard)

In hierdie episode van Pagecast gesels die meningsvormer en leier van die burgerregte-organisasie Kaapse Forum Heindrich Wyngaard met die bekroonde ondersoekende joernalis en skrywer Julian Jansen oor sy nuwe boek Op die Spoor van die Stasiemoordenaar. Jansen, wat ook die skrywer is van boeke soos Moord op Stellenbosch en Die…
11 May 32 min

Because I Love You by Joy Watson (with Mary Watson)

In today's episode of Pagecast, Joy Watson is in conversation with someone who knows her better than most - her sister, and fellow author, Mary Watson. It's an intimate kind of interview, the kind where the questions go somewhere deeper because the love in the room is already established. Settle…
4 May 35 min

Biltong en Dior deur Louis Jansen van Vuuren (met Hanlie Retief)

In hierdie episode van Pagecast is Hanlie Retief in gesprek met Louis Jansen van Vuuren oor sy nuutste boek, Biltong en Dior: Avonture van 'n Afrikaanse Fransman. Meer oor die boek: As grootoog seun in die ou Oos-Transvaal het Louis Jansen van Vuuren nooit kon dink dat hy eendag ’n…
20 Apr 30 min