
Korrektiewe Diens sê oor Lichtenstrasser
Loading player...
Kosmos 94.1 Nuus het met die Korrektiewe Diens se adjunk kommissaris-generaal Sam Shaalulange gepraat oor wat volgende is na die moordenaar Ernst Lichtenstrasser dood in sy sel aangetref is. Terwyl selfmoord vermoed word, moet ‘n lykskouing uitgevoer word. Die 64-jarige is twee lewenslange vonnisse in April 2024 opgelê vir die moord op Eckhardt Mueller en Heimo Hellwig, NIMT-hoofde, in Arandis in April 2019. Na hy in November 2023 skuldig bevind is, het hy selfmoord gepoog. Shaalulange het meer.

