
Jon Bon Jovi kondig wêreldtoer vir 2026 aan
Loading player...
Die Amerikaanse sangerJon Bon Jovi sê hy is dankbaar om weer na die verhoog te kan terugkeer na sy stembandoperasie. Die groep het die week 'n terugkeertoer aangekondig. Die 63-jarige sanger het in 2022 'n operasie ondergaan en het drie jaar van rehabilitasie nodig gehad om die krag te herwin om weer regstreeks te kan sing. Die toer begin in Julie volgende jaar en sluit in September af. Hy sê hy is opgewonde.

