
Ithete is 'n liggegwig, afdanking sal nie binnegevegte veroorsaak nie
Loading player...
Die adjunk-eerste minister en energieminister, Natangwe Ithete, is Sondag deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah afgedank. Sy het nie redes verskaf nie en het vanoggend agter geslote deure die personeel van die ministerie toegespreek nadat sy gesê sy is vir nou in beheer daarvan. Kommentators meen dat daar binnegevegte in die party sal ontwikkel, met geteikende lekkasies aan die media, maar ontleder dr. Ndumba Kamwanyah meen Ithete het nie genoeg mag in die party om dit te veroorsaak nie.

