Ry jou fiets in 'n loep vir renosters

Loading player...
Wilderness Namibia en Children in the Wilderness het met Pupkewitz Toyota in Windhoek kragte saamgesnoer om hul Red 'n Renoster-veldtog met 'n fietswedren te loods. Dit is daarop gemik om bewustheid te verhoog en kollektiewe aksie te bewerkstellig om Namibië se ikoniese woestyn-aangepaste swartrenosterbevolking te help beskerm. Die 2km-baan, wat as een rondte tel, sal begin en eindig by die Pupkewitz Toyota-uitstalruimte op die hoek van Onafhanklikheidrylaan en Harold Pupkewitzstraat. Die oornag-geleentheid duur van agt-uur op Vrydagaand, 7 November tot agt-uur die Saterdagoggend, en deelnemers en spanne kan soveel rondtes as wat hulle wil voltooi. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Shawapala Kandjabanga van Pupkewitz Indongo, wat meer inligting gee.
28 Oct 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Steenhuisen gryp in, wil BKS nasionale ramp laat verklaar

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, gaan aan die kabinet die noodsaaklikheid voorlê om die bek-en-klouseer-uitbreking tot 'n nasionale ramp te verklaar. Hy het 'n omvattende 10-jaar nasionale strategie uiteengesit om die siekte te bestry, dieregesondheidstelsels te versterk en landelike voortbestaan te ondersteun.Hy het 'n massa-inentingsveldtog aangekondig en verwag binne…
14 Jan 10AM 1 min

Kripto-bates se praktiese gebruik begin uitbrei

Virtuele bates verskuif van hype na praktiese gebruik. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê EasySats en Bitcoin Mining Namibia-stigter Nikolai Tjongarero dat 2026 'n jaar van bou en gebruik sal wees. Hy sê Afrika-innovasies soos Bitcoin-na-mobiele-geld-instrumente, privaatheidsgerigte tegnologie en groeiende eweknie-aanvaarding hervorm hoe mense spaar, spandeer en waarde…