
Dieselfde AK-47 gebruik in moord op Armand Swart, DJ Sumbody en ander
Loading player...
Die polisie se senior forensiese ontleder, Solomon Modisane, het onthul dat dieselfde AK-47-geweer gebruik is in die moorde op die ingenieur Armand Swart, DJ Sumbody, DJ Vintos en die sakeman Don Tindleni. Modisane, wat vanaf 'n ander bestemming voor die Madlanga-kommissie getuig, sê die patroondoppies op al vier misdaadtonele stem ooreen onder mikroskopiese ontleding. Hy beskryf dit as bisar dat die vuurwapen wat in die moord op Swart gebruik is, in Pretoria sowel as Amanzimtoti in KwaZulu-Natal ondersoek is:

