
Prunella Scales, of te wel Sybil Fawlty, sterf op 93
Loading player...
Prunella Scales, geliefde Britse aktrise veral bekend as Sybil Fawlty, is op 93 oorlede. Terwyl sy talle rolle vertolk het en ‘n Bafta gewen het, is sy veral bekend vir haar uitbeelding van die skerptongige en heerssugtige hoteleienaar se vrou, Sybil Fawlty, in die klassieke 1970's-sitkom Fawlty Towers, saam met John Cleese. Daar was net 12 episodes maar dit bly legendaries. Sy is in 2013 met vaskulêre demensie gediagnoseer. Haar seuns Samuel en Joseph West, het gesê dat sy die dag voor haar dood Fawlty Towers gekyk het. Dit was haar ikonies lyn...

